Renosterstroper wat hof ontduik, vasgetrek

Loading player...
‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag deur die Valke aangekeer.
Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas op ‘n ander aanklag van renosterstropery.
Volgens kptein Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Nadat hy op borg vrygelaat is, het hy versuim om vir sy volgende verskynings op te daag.
In Oktober is hy weer in Delmas aangekeer op die N12 in besit van renosterhorings.
17 Jan 2022 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min