Ontvoerde Pakistani in Mbombela gered

Loading player...
Die polisie soek na ‘n sakeman van Schoemansdal wat na bewering twee mense van Pakistan ontvoer het.
Volgens brigadier Selvy Mohlala is hulle die land binne gesmokkel via Malawi en Mosambiek en met hul aankoms deur die verdagte gevangene gehou.
Een se familie het ‘n losprys betaal, terwyl die ander s’n die saak in Johanneburg aangegee het.
Donderdag is die verdagte naby Valencia opgemerk en na ‘n hoë-spoed jaagtog kon hy vlug. Sy voertuig is later in die parkeerterrein van i’langa Mall opgespoor.
By die huis waar die slagoffers aangehou is, is nog ‘n onwettige immigrant van Pakstani wat as hul oppasser uitgewys is, aangekeer.
17 Jan 2022 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min