Drie moordenaars swaar gestraf

Loading player...
Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het.
Vusi Sihlabela, Karabo Makhubedu en Norman Mokoena het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview.
Toe hulle uitvind hy het die saak by die polisie aangegee, het hulle hom in sy huis dood gaan skiet. Volgens brigadier Selvy Mohlala is sy nefie ook gewond.
Al drie is lewenslank opgelê vir die moord en 65 tot 75 jaar vir poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
12 Jan 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min