Vier vas oor onwettige wapens

Loading player...
Vier verdagtes tussen 28 en 30 jaar oud sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn vir die besit van drie ongelisensieerde pistole en ammunisie.
Volgens brigadier Selvy Mohlala is die Nelspruit-blitspatrollie en Kaapmuiden SAPD verwittig oor 'n verdagte Toyota Corolla, wat hulle kort daarna op die N4 naby Kaapmuiden afgetrek het.
Een gelisensieerde pistool en geweer in hul besit is ook gekonfiskeer.
10 Jan 2022 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min