Twee vasgetrek in Sabie met gesteelde goedere

Loading player...
Twee verdagtes van 29 en 32 jaar oud is gister in Sabie aangekeer deur die Nelspruit Blitspatrollie.
Hulle was glo in die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Volgens kaptein Gugu Phiri was hulle in 'n voertuig wat na bewering by Kabokweni gekaap is. Die nasporingsmaatskappy en polisie het gevolg.
Sy sê hulle het in bosse in gevlug toe hulle besef hulle word agtervolg en is deur ‘n vriend opgelaai.
Die polisie het hulle na ‘n huis in Sabie gevolg. Drie 9 milimeter pistole sowel as vermoedelik gesteelde selfone is in hul besit gevind.
Beide behoort vandag in die hof te verskyn.
30 Dec 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min