Man steel glo polisie-beampte se vuurwapen

Loading player...
‘n 31-jarige man het gister in die Lydenburg-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n gesteelde vuurwapen.
Hy is die vorige dag deur die Lydenburg honde-eenheid aangekeer na hulle 'n verdagte vragmotor gestop en deursoek het.
Die Z88-pistool is in sy bagasie gevind.
Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Gugu Phiri, het die verdagte erken hy het die vuurwapen by ‘n polisie-beampte afgeneem.
Die saak is uitgestel tot 11 Januarie.
30 Dec 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min