Ses vas wat onderwysdepartement glo uit R3m bedrieg

Loading player...
Ses mense is Maandag deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as 3‪-miljoen-Rand.
Nomthandazo Khoza was 'n boekhou-klerk in die departement van onderwys wat tussen Mei 2019 en November verlede jaar saam met 'n kollega, Mosibudi Makutu, begunstigdes vervals het en betalings aan hulself en familielede gemaak het.
Vier familielede is ook aangekeer en daar is op vier voertuie beslag gelê.
Khoza is borg van 15-duisend-Rand toegestaan en die ander tussen 3-duisend en 5-duisend-Rand elk.
Die saak is uitgestel tot 24 Maart.
21 Dec 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min