Oupa vermoor glo sesjarige

Loading player...
'n 57-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy sy ses-jarige kleindogter doodgesteek het, bly in aanhouding tot Januarie sodat hy psigiatriese evaluering kan ondergaan.
Die man het Woensdag in die Emalahleni-landdroshof verskyn.
Volgens brigadier Selvy Mohlala is die dogtertjie Sondag in Vosman verskeie kere gesteek.
Gemeenskapslede wat hom beskuldig het, het hom aangerand. Hy moes deur die polisie gered word.
Die hospitaal het Maandag bevestig dat sy aan haar wonde beswyk het.
Die saak is uitgestel tot 26 Januarie 2022.
16 Dec 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min