Ontvoerde baba na 20 jaar gevind toe boetie foto op sosiale media sien

Loading player...
‘n Jong man het verlede week gehelp om sy sussie, wat voor sy geboorte ontvoer is, na meer as 20 jaar op te spoor.
Die pasgebore baba is in Maart 2001 in Ermelo ontvoer. Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, verduidelik.
Op 29 November vanjaar het die eerste deurbraak gekom: die ontvoerde baba se jonger boetie, nou 19 jaar oud, het ‘n foto van sy sussie op sosiale media gesien, en agterdogtig geraak omdat sy presies lyk soos hul ma as tiener.
Hy het die polisie gekontak, en DNS-toetse het bevestig dat sy die ontvoerde baba is.
Die verdagte, ‘n 50-jarige vrou, is aangekeer. Sy kan nie geïdentifiseer word nie, om die slagoffer se identiteit te beskerm. Sy het op 30 November in die Ermelo-landdroshof verskyn en is borgtog van R1 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 18 Januarie.
Die 20-jarige vrou is na ‘n plek van veiligheid geneem en ontvang berading en sal hopelik binnekort met haar biologiese gesin herenig word, aldus Mohlala.
7 Dec 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min