VF Plus verkla Mpumalanga by Openbare beskermer

Loading player...
Die VF Plus beplan om ʼn klag by die openbare beskermer in te dien oor meer as 300-miljoen-Rand wat die afgelope 10 jaar aan twee projekte in Mpumalanga spandeer is – wat blykbaar nie bestaan nie.
Die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning het die geld vir die twee erwe, wat bedoel is vir ‘n kulturele sentrum in Witrivier en hoë-prestasie sentrum in eMakhazeni glo bestee aan die grond, argitek- en ingenieursdienste en vatbaarheidstudies.
Die party se Werner Weber sê egter die departement kan nie bewyse daarvan kry nie, en ondersoek die saak self.
1 Dec 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min