Sibongile Makhushe ingesweer as Mbombela se nuwe burgemeester

Loading player...
Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies.
William Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte.
Die nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by Mbombela-stadion gehou is, ingesweer. Die ANC het tydens die plaaslike verkiesing ‘n meerderheid van 65% van die stemme gekry om 59 setels te wen.
Nkatha sê geen korrupsie sal geduld word nie.
25 Nov 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min