Man vas wat glo polisiebeampte in Barberton vermoor

Loading player...
‘n 42-jarige verdagte sal vandag in die Barberton-hof verskyn op twee klagte van moord.
Hy word aangekla dat hy Speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi, op 17 Oktober by Zanni Tavern in Barberton doodgeskiet het.
Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde en was ten tyde van die voorval van diens af.
Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi van die Valke is die verdagte Dinsdag gearresteer in samewerking met die provinsiale opsporingspan, Barberton-speurders en blitspatrollie.
17 Nov 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min