Agt vas vir bedrog by Lebombo-grenspos

Loading player...
Agt verdagtes sal na verwagting vandag in die hof in Komatipoort verskyn op klagte van bedrog en korrupsie.
Drie is Vrydag aangekeer en nog drie gister. Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, sê nog twee verdagtes sal hulself vandag aan die owerhede oorhanding.
Sy sê die intelligensie-gedrewe operasie na immigrasie-beamptes by Lebombo-grenspos het in Desember 2019 afgeskop.
Hulle het glo tydelike werks- en verblyfpermitte uitgereik. Hulle het na bewering ook omkoopgeld aanvaar om onwettige immigrante van Mosambiek, Eswatini, Zimbabwe en Malawi se paspoorte te stempel om hul verblyf in Suid-Afrika te verleng.
Minsiter van binnelandse sake, Aaron Motswaledi, het die uitvoer van die eerste lasbriewe Vrydag bygewoon.
Hy het sy versekering gegee dat dit tekenend is van hul vasberadenheid om korrupsie in die departement uit te roei.
15 Nov 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min