LUR van R25 000 kontant beroof tydens kaping

Loading player...
Niemand is nog aangekeer vir die kaping en roof van LUR, Speedy Mashilo, Donderdag nie.
Mashilo is die Mpumalanga LUR vir menslike nedersettings en streeksvoorsitter van die ANC.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was hy om ongeveer 12:00 op pad om te gaan jag, toe hy op die R568 tussen Ekangala en KwaMhlanga deur gewapende rowers in ‘n BMW voorgekeer is. Hulle het vuurwapens op hom gerig om hom te dwing om stil te hou.
Hulle het Mashilo in die BMW in forseer en met hom en sy Toyota Hilux na die Oos-Rand gery.
Hy is na sowat agt uur in ‘n afgeleë gebied naby Thembisa afgelaai war hy deur verbygangers gehelp is.
Buiten sy bakkie is hy van R25 000 kontant, bankkaarte, kruideniersware, ‘n gelisensieerde jaggeweer en 25 rondtes ammunisie beroof.
15 Nov 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min