Twee vas wat department uit miljoene bedrieg

Loading player...
Twee mans wat na bewering saamgesweer het om meer as R4,5 miljoen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling te steel, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn.
Ronny Germany Ngwenyama en Tinyiko Shadrack Golele word van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla.
Golele was 'n werknemer van die Mpumalanga departement en werk tans in Polokwane vir die departement van landbou.
Volgens die Valke se kapt. Dineo Sekgotodi sal hul familielede wat ook in die geld gedeel het, na verwagting ook nog aangekla word.
Albei is borgtog toegestaan van R5 000. Die saak is uitgestel tot 4 Februarie.
11 Nov 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min