Verdagte vas na vroeg-oggend jaagtog

Loading player...
‘n Verdagte is aangekeer en een is voortvlugtig na ‘n jaagtog wat uitgeloop het op ‘n skietery by Crossing-sentrum vanoggend.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice sê hy het inligting bekom oor ‘n Oranje VW Polo wat in die vroeë oggend-ure in Ermelo gesteel is.
Sekuriteitsbeamptes van BCJ en Hi-Tech Sekuriteit het reageer en die verdagtes vanaf Barberton tot by Crossing agternagesit waar die skietgeveg uitgebreek het.
Niemand is beseer nie. Een verdagte kon vlug. 'n Vuurwapen is ook teruggekry
10 Nov 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min