VF Plus juig oor groei

Loading player...
Die VF Plus sê hul groei van 242% in die plaaslike regeringsverkiesing bevestig hulle is een van die groot vyf rolspelers op die Suid-Afrikaanse politieke landskap.
Die party sê die uitslag was ook 'n oorwinning vir minderheidsgroepe.
Pieter Groenewald sê een van die redes is dat die party by herhaling gewys het dat hy bogemiddeld presteer het met beperkte steun.
Die VF Plus het nou verteenwoordiging in al agt metro’s in Suid-Afrika.
Werner Weber, die partyleier in Mpumalanga, wys daarop dat hulle tydens die vorige plaaslike verkiesing in 2016, slegs sewe raadslede tot stadsrade in die provinsie kon verkies. Die getal staan nou op 24.
8 Nov 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min