Ongeïdentifiseerde man dood gevind

Loading player...
‘n Ongeïdentifiseerde man is vanoggend dood gevind in ‘n ongebruikte regeringsgebou in die Mhala-omgewing.
Volgens die polisie het hulle om ongeveer 08:00 ‘n anonieme oproep ontvang dat die man noodlottig aangerand is in Dumphries B.
Brigadier Selvy Mohlala sê die man is met hul aankoms op die toneel in handboeie aangetref met kneusplekke regoor sy liggaam.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy met stokke, klippe en ‘n panga aangerand is.
'n Moordsaak is geopen.
Enigiemand met inligting is gevra om die polisie se speurder AO Jeffrey Sithole te kontak by 072-624-5133.
5 Nov 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min