Groot beleggings in Mpumalanga se pad-infrastruktuur beplan

Loading player...
‘n R400 miljoen opgradering van die Long Tom-pas word beplan om die pad veiliger te maak. Dit was een van die aankondigings die afgelope week deur Sanral.
Die agentskap het Dinsdag saam met die adjunkminister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, in Lydenburg besoek afgelê om met die gemeenskap van Thaba Chweu-munisipaliteit oor hul opkomende projekte, en werksgeleenthede, te vergader.
Meer as R3 miljard is bewillig vir padkonstruksie en R350 miljoen vir die bestuur en instandhoudingswerk aan paaie in Mpumalanga.
Madoda Mthembu, Sanral se noordelike streek se bestuurder van operasies en instandhouding, sê padveiligheid en ekonomiese ontwikkeling loop vir hulle hand aan hand.
14 Oct 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min