Mpumalanga premier reageer op LUR se arrestasie vir dubbele moord

Loading player...
Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê sy sal “gepaste aksie” neem teen die LUR wat vanoggend vir ‘n dubbele moord gearresteer is.
Die 45-jarige LUR, wat na verwagting vanmiddag in die Nelspruit-hof sal verskyn, het homself aan die polisie oorhandig in verband met ‘n skietery op 22 Augustus waarin twee mense doodgeskiet is, en een gewond is.
Mtshweni-Tsipane sê sy beskou die aantygings in ‘n baie ernstige lig en sal na sy hofverskyning optree.
11 Oct 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min