Mpumalanga LUR gearresteer vir moord en poging tot moord

Loading player...
‘n LUR in die Mpumalanga-regering is vanoggend gearresteer vir moord en poging tot moord.
Volgens die polisie se brigadier Vishnu Naidoo het die 45-jarige man homself aan die Nelspruit-polisie oorhandig.
Hy was glo betrokke by ‘n skietery in Nelspruit op 22 Augustus waar twee mense doodgeskiet is, en een gewond is.
Hy is die derde verdagte wat in hierdie verband aangekeer word.
Joseph Charlie Ngwenya en Tshepo Matsane is op 17 September daarvoor in hegtenis geneem. Beide is Vrydag borg van 20-duisend-Rand toegestaan.
11 Oct 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min