Witrivier-verteenwoordigers ontstoke na begrotings-vergadering

Loading player...
Die Witrivier-belastingbetalersvereniging is ontstoke dat 'n beplande geïntegreerde ontwikkelingsplan-vergadering gister sonder hul medewete geskuif is.
Pierre du Preez sê hulle is genooi vir die vergadering by Mbombela-stadion, maar dit is na die burgesentrum geskuif sonder dat hulle, en ander rolspelers, in kennis gestel is.
Hulle het geweier om die vergadering by te woon en eis dat Mbombela die betrokke amptenare na die Witrivier-belastingbetalersvereniging se vergadering volgende week stuur om die begroting te bespreek.
Hy sê dit is krities belangrik dat hulle deel is van die proses en nie op die agtergrond geskuif word nie.
7 Oct 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min