Bloedbank vra dat mense gaan skenk

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n beroep gedoen op die publiek om bloed te skenk. Hulle beleef tans groot tekorte, wat toegeskryf word aan ‘n groter vraag na bloed.
Die tekort is landwyd en sluit heel bloed maar ook plasma in.
Ronald Marsh van die plaaslike tak sê dit kan ook oor die feesseisoen groot tekorte veroorsaak as hulle nie nou bloed inkry nie.
Hy voeg by dat mense wat al Covid-19 gehad het, of daarteen ingeënt is, kan steeds bloed skenk.
30 Sep 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min