Twee polisielede gewond in skietaanvalle

Loading player...
‘n 37-jarige polisiesersant is Maandag in Masoyi naby Witrivier geskiet toe hy saam met ‘n kollega ‘n klagte van roof ondersoek het.
Volgens die polisie is daar op hulle gevuur toe hulle by die verdagte se wegkruipplek aankom. Die sersant is gewond en hospitaal toe geneem.
‘n 56-jarige polisiekaptein is ook gister geskiet en gesteek in Witbank. Hy was van diens af toe drie verdagtes hom gekaap en beroof het.
‘n Saak van poging tot moord en gewapende roof word ondersoek.
21 Sep 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min