Ses mans handig hulself oor na noodlottige aanranding

Loading player...
Ses moordverdagtes wat hulself gisteroggend aan die polisie in Schoemansdal oorhandig het, bly in aanhouding tot volgende maand.
Volgens die polisie was hulle betrokke by ‘n voorval waarin die 37-jarige Sibusiso Shongwe doodlottig aangerand is op 13 September in Jeppe’s Reef.
Hulle het gister in die Nkomazi-landdroshof verskyn op klagte van moord en sal op 5 Oktober vir borgtog aansoek doen.
Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli:
21 Sep 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min