Advieskomitee beplan vir Makhonjwa se bestuur

Loading player...
Die Unesco Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied sal deur ‘n advieskomitee bestuur word, sê die uitvoerende hoof van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap, Johannes Nobunga.
Die MTPA is die bestuursgesag oor die gebied. Hulle sal voor die einge Oktober nominasies vir die komitee open om teen einde November op dreef te wees.
Nobunga sê die advieskomitee moet uit spesialiste in hul verskillende velde bestaan sodat die erfenisgebied bes moontlik bestuur kan word.
20 Sep 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min