Barberton vra vir dringende optrede oor brandbestryding

Loading player...
Inwoners van Barberton het ‘n dringende beroep gedoen op Mbombela-munisipaliteit om die dorp se brandweerdiens te herstel.
DA-raadslid Philip Minnaar sê die jongste voorval gister, waarin ‘n huis op Brommers-plaas afgebrand het weens ‘n veldbrand, wys dat hulle nie meer so kan aangaan nie.
Gelukkig kon die gemeenskap self die vuur blus.
Minnaar sê daar is nie toerusting of opgeleide mense in Barberton wat brande kan bestry nie, en alles moet daarom vanaf Nelspruit kom.
16 Sep 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min