Dreamville hierdie Woensdag aanlyn

Loading player...
Hoërskool Bergvlam se musiekblyspel, “Dreamville Take Two” vind Woensdag virtueel plaas. Dit word om half sewe by Bingelela-inry gewys. Kaartjies beloop 200-Rand per kar met vier mense en 60-Rand per ekstra persoon.
Bespreek jou kaartjies op Bingelela se webtuiste en kom span uit om dit op die groot skerm te kyk.
Dreamville sal ook vir vyf dae op die skool se Moodle-platform gestroom word.
Kaartjies beloop 50-Rand by die skool se finansiële kantoor en sluit ‘n koopbewys vir ‘n burger van Moutain Spring Spur in.
30 Aug 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min