Nelspruit Hospice word 15 jaar oud

Loading player...
Augustus merk 15 jaar sedert Nelspruit Hospice die eerste keer op die been gebring is.
Sedertien het hulle diens van onskatbare waarde gelewer aan die gemeenskap.
Hul gereelde pop-op-winkel vind weer hierdie Saterdag plaas. Buiten die mooi huisware en allerlei wat spotgoedkoop te koop is – om fondse in te samel vir hul bedrywighede – sal daar natuurlik verjaarsdagkoek saam met die gereelde gratis koffie en tee wees.
Landi Bezuidenhout het ook ‘n ander uitdaging vir mense wat nou verjaar.
26 Aug 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min