Swanger vrou se liggaam in rivier naby Kanyamazane gevind

Loading player...
Die liggaam van ‘n swanger vrou is Sondag in die Krokodilrivier naby Kanyamazane gevind. Volgens die polisie het sy skietwonde gehad.
Sy is nog nie geïdentifiseer nie. Sy word geskat as in haar 30's, het kort blonde hare en het ‘n pienk broek en maroen T-hemp aangehad.
Die gemeenskap is gevra om na vore te kom met enige inligting. Kontak die ondersoekbeampte by 082-469-1604 of die takbevelvoerder by 082-469-1542. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.
Kolonel Donald Mdhlulil:
25 Aug 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min