Ry vragmotors by grenspos nou 20 kilometer lank

Loading player...
Die ry vragmotors wat langs die N4 op pad na die Lebombo-grenspos geparkeer is, is tans sowat 30 kilometer lank.
Obed Maditsi, die grenspos se bestuurder, sê van die vragmotors is reeds drie of vier dae gestrand, nadat 'n blokkasie ontstaan het.
Hy blameer die stadige prosessering van vragmotors deels op die groot toename in vragmotors, wat daagliks sowat 2-duisend beloop.
23 Aug 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min