Provinsie moedig 18-jariges aan om geënte te word

Loading player...
Mediclinic Nelspruit se intensiewesorg-eenheid ervaar steeds hoë druk weens die voortslepende derde vlaag Covid-19-infeksies in die area.
Dokter Gerrit de Villiers, die groep se hoof kliniese beampte, sê hulle sien dat inentings ‘n postiewe impak maak daarop om ernstige siekte en hospitalisasie weens die virus landwyd te verminder.
Die LUR vir gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het Vrydag die inenting van 18-jariges in Witbank bygewoon.
23 Aug 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min