Kommer oor lede op Mega en MTPA se nuwe direksies

Loading player...
Die DA het hul kommer uitgespreek oor drie lede op die nuwe direksies wat gister vir die Mpumalanga Ekonomiese Groei-Agentskap en Mpumalanga Toerisme- en Parke-Agentskap aangekondig is.
Dina Pule en Salome Sithole sal vir die volgende vier jaar die onder-voorsitters van onderskeidelik Mega en die MTPA wees. Pule is in 2013 as minister afgedank, en Sithole in 2015 as eMalahleni se burgemeester.
Bosman Grobler sê hulle is ook bekommmerd dat Jabulani Mahlangu op Mega se direksie is. Hy was van 2004 tot 2011 ‘n LUR en hulle is besorg dat sy ervaring prosesse kan ondermyn.
18 Aug 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min