Vrou aangekeer na twee kleuters in huisbrand sterf

Loading player...
n Vrou is in hegtenis geneem vir kinder-verwaarlosing in Amersfoort na twee kleuters Maandag in ‘n brand dood is.
Volgens die polisie is ‘n tweeling seun en dogtertjie saam met hul niggie alleen gelos waar ‘n kers gebrand het terwyl hul oppasser winkel toe is. Al drie kinders was twee jaar oud.
Die seuntjie kon uit die vlamme gered word deur bure en is in 'n kritieke toestand in die hospitaal.
Die twee dogtertjies is dood. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die huis vandag besoek. Sy sê die mense het in 'n industriële area gewoon.
18 Aug 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min