Nog vermeende verneukers in die hof

Loading player...
Rejoice Sindisile Magagula en Matilda Velelent Shongwe moet op 15 September weer in die Nelspruit-hof verskyn op klagte van bedrog, geldwassery, en diefstal of alternatiewelik die oortreding van die belasting-administrasie-wet.
Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Magagula na bewering deur ‘n maatskappy, Fundzani Trading, vals belastingopgawes by die inkomstediens ingedien.
Daardeur het hulle na beraming sowat 203-duisend-Rand verloor. Sy het van die geld aan Shongwe oorbetaal. Elkeen is borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan.
18 Aug 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min