Vier aangekeer na gefnuikte rooftog by Witrivier-restaurant

Loading player...
Vier verdagtes is gisteraand aangekeer nadat hulle moontlik Die Winpomp-restaurant in Witrivier probeer beroof het.
Volgens Hi-Tech se Jchaan de Beer is een handwapen, 'n haelgeweer en 'n speel-wapen aan die verdagtes gevind.
Vier kon daarin slaag om te vlug.
Die restaurant-eienaar, Lewies Dippenaar, sê werkers wat vullis buitentoe geneem het, het die aanvallers sien aankom.
Hulle kon hom waarksu en hy het uitgestorm en skote op hulle gevuur.
4 Aug 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min