Soektog afgelas na Brondal-plaasaanval

Loading player...
Sekuriteitspanne het die soektog afgelas na drie swaar gewapende verdagtes wat vanoggend 'n boer en sekuriteitsbeampte geskiet het tydens 'n aanval op 'n plaas in die Brondal-omgewing.
Oupa Mhlongo, een van die sekuriteits-beamptes wat gereageer het op die noodroep, is doodgeskiet.
Die boer, Johan van der Merwe, is in die rug geskiet. Hy is volgens berigte kritiek maar stabiel in die hospitaal.
Sover bekend is net die boer se Ford Ranger bakkie, wat in ‘n plantasie naby die plaas agtergelaat is, gesteel.
Joe Pelser van AfriForum se Witrivier-buurtwag sê die verdagtes het te voet gevlug en verdwyn.
2 Aug 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min