Drie mense dood in ongeluk op die N4 naby Malalane

Loading player...
Drie mense is vanoggend oorlede in ‘n motorongeluk op die N4-tolpad tussen Malalane en Hectorspruit.
Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid het ‘n kop-botsing tussen ‘n ligte afleweringsvoertuig en sedan ontstaan om ongeveer 20 minute na 11.
Twee mans en ‘n vrou - wat almal in die sedan was - is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die afleweringsvoertuig is ernstig beseer en na die hospitaal gehaas.
Volgens Moeti Mmusi werk hulle saam met die polisie om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.
26 Jul 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min