Plaaslike verkiesing uitgestel

Loading player...
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het aangekondig dat hulle die hof sal nader vir toestemming om die plaaslike verkiesing uit te stel.
Die OVK het uitgetrede adjunkhoofregter Dikgang Moseneke se verslag aanvaar, wat bevind het dit sal nie ‘n vry en regverdige verkiesing sal wees as dit in Oktober plaasvind nie.
Glen Mashinini, OVK-voorsitter, sê hulle sal die hof vra om toestemming dat buite die voorgeskrewe tydperk mag geskied.
Die beplande registrasienaweek van volgende naweek is onbepaald uitgestel. Aanlyn registrasies gaan egter voort.
23 Jul 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min