Meer as 42 000 onderwysers in Mpumalanga ingeënt

Loading player...
Mpumalanga se onderwysdepartement sê 42-duisend 66 onderwyspersoneellede is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.
Die spesiale inentingsprogram vir onderwysers het gister op 'n einde geloop. Almal wat kwalifiseer kan egter steeds inentings ontvang.
Registrasie vir mense tussen 35 en 49 is ook nou oop.
LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het diegene wat die inenting ontvang het, herinner om steeds by veiligheidsmaatreëls te hou.
Departement woordvoerder, Gerald Sambo, sê vakbonde en beheerliggame se leierskap het ook ‘n groot rol gespeel in die program.
15 Jul 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min