Mense gemaan om nie ongeverifieërde boodskappe oor oproerigheid te versprei nie

Loading player...
Mense is gemaan om nie ongeverifieërde boodskappe oor oproerigheid te versprei nie.
Joe Pelser van AfriForum Witrivier verduidelik dat vals nuus hul werk moeiliker maak.
Vanoggend was daar sprake van ‘n oproer in Riverside in Mbombela, wat glad nie gerealiseer het nie.
Tog is dit nie altyd maklik om seker te wees wat waar is nie.
13 Jul 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min