Berei voor saam met die pro's vir Eisteddfod

Loading player...
Onthou om jou plek te bespreek vir Innibos se Eisteddfod drama-werkswinkels aan die einde van die maand. Dit is vir leerlinge en onderwysers bedoel ter voorbereiding van die Nelspruit Eisteddfod wat in Augustus afskop.
Bywoning is boonop spotgoedkoop en beloop slegs R60pp.
Die werkswinkels vind op Vrydag 30 Julie van 14:00 tot 20:00 en Saterdag 31 Julie van 09:00 tot 11:00 plaas.
Komediante Wynand van Vollenstee en Margit Meyer Rödenbeck sowel as Adriaan van As en Francois Jacobs sal die werkswinkels aanbied.
Van Vollenstee beloof dit gaan baie pret wees.
Besoek Innibos.co.za en klik op “projekte” of skakel 013-741-5294 vir meer besonderhede.
13 Jul 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min