KZN-geweld kring nie sover uit na Laeveld

Loading player...
Paaie in die Laeveld is vanoggend gangbaar na die polisie gister gewaarsku het oor moontlike ontwrigting deur protesaksies.
Grootskaalse plundery en geweld heers reeds die hele naweek in KwaZulu-Natal teen die opsluiting van oudpresident Jacob Zuma.
John Meintjies van die Nelspruit GPF sê die Witbank- en Middelburg areas is dreigend, maar die N4 is oop tot by die Lebombo-grens.
‘n Oproer op die pad tussen Karino en Kanyamazane is weens inwoners wat ontevrede is dat hul onwettige Eskom-aansluitings verwyder is.
12 Jul 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min