Verhale van hoop So help jy jou geliefde en jouself

Loading player...
Christine Ferreira gesels met joernalis en skrywer, Pieter van Zyl, oor sy jongste boek Verhale van hoop Só help jy ‘n geliefde en jouself. Elza Kalis deel hoop as jy die pad met ‘n geliefde met demensie stap. Dr. Johan Ferreira gee raad oor hoe ons ons huweliksmaats in moeilike tye kan bystaan en Le-Anke de Lange vertel oor die Bome vir hoop-projek wat onlangs in Lichtenburg afgeskop het en besig is om soos ‘n veldbrand deur ons plattelandse dorpe te versprei.
6 Jul 2021 Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Kersfees in Augustus en hulp aan die helpers

Musikant en visuele kunstenaar Anel Stricker-Bessinger kuier in die ateljee om meer te vertel oor ‘n baie spesiale musiekkonsert Kersfees in Augustus wat deur Radiokansel op die 28e Augustus om 19:00 by Unite City in Derdepoort, Pretoria aangebied word. Daarna gesels Prof Wentzel Coetzer met ons oor hulp aan die…
18 Aug 1 hr 37 min

Van bediening tot Isabella Niehaus se nuutste kookboek

Motiveringspreker en skrywer Yolande Britnell-Steyn gesels oor haar bediening. Lizette Murray herriner ons waarom dit so belangrik is om saam aan tafel te eet. Kosboekskrywer, Isabella Niehaus vertel meer oor haar jongste kookboek getiteld Bella’s Kitchen.
11 Aug 1 hr 23 min

So klop my hart

Susan Coetzer vertel hoe ons as gelowige vroue van ‘n swaarmoedige Sannie tot ‘n super C-vrou kan beweeg. Daarna gesels Rachelle Fourie oor haar nuwe boek My hart klop so ‘n Pad van roeping, geloof en identiteit.
4 Aug 1 hr 37 min

Gekroon

Veronika Olivier, Henda Bonsma en Elvira Joubert van Heidelberg, Gauteng kuier in die ateljee. Daar word gesels oor van kreatiewe handwerk en innerlike genesing tot wat dit beteken om ‘n gekroonde dogter van God te wees. Agnes Lombard van Bernina kuier saam en vertel onder meer oor die jongste naaldwerkneigings…
28 Jul 1 hr 34 min

Leef intensioneel & die pad na heelheid

Dr Janine do Cabo gesels oor hoe om intensioneel te leef. Jacques Engelbrecht vertel hoe die pad na heelheid deur die lens van die Enneagram lyk.
21 Jul 1 hr 36 min