Malalane se watertoevoer herstel

Loading player...
Daar is lig aan die einde van die waterpyp vir inwoners van Malalane, wat die afgelope twee dae water-tekorte ervaar.
Volgens raadslid Mariette Preddy is die dorp se reservoirs tans amper weer vol genoeg om water aan inwoners te kan voorsien.
Sy sê Nkomazi-munisipaliteit doen hul bes om watertoevoer te herstel.
‘n Addisionele pomp word gebruik om ekstra water te onttrek.
Nkomazi-munisipaliteit waarsku mense kan aanvanklik sukkel met lug in hul waterpype en bruin water, wat normaal is.
5 Jul 2021 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min