Onderwys-personeel aangemoedig om inenting te ontvang voor Donderdag

Loading player...
Nog net ‘n bietjie meer as die helfte van onderwys-personeel in Mpumalanga is tot dusver teen die nuwe koronavirus ingeënt.
Volgens die departement van onderwys het sowat 28-duisend die inenting teen Vrydag ontvang – uit die meer as 46-duisend werknemers.
Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die ontvang daarvan is heeltemal vrywilliglik, maar hulle moedig mense aan om dit te ontvang.
Volgens hom is inentings-lokale daagliks tussen 8-uur en 4-uur oop.
5 Jul 2021 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min