SANParke heropen weer besprekings vir verblyf voor 11 Julie

Loading player...
Sanparke het bevestig dat hulle ingevolge die aangepaste vlak vier-inperking nou weer nuwe besprekings vir verblyf in hul reservate aanvaar tussen nou en 11 Julie.
Dít na hulle dit Maandag gesluit het. Woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, verduidelik 100 persent kapasiteit word wel in verblyf toegelaat en mense van oral buiten Gauteng is welkom.
Inwoners van Gauteng wat ten tyde van die aankondiging Sondagaand in Sanparke-akkommodasie was, mag aanbly.
Phaahla sê hul besprekings staan op sowat 96 persent.
30 Jun 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min