Pumas skop Curriebeker af met omvattende wen teen Leeus

Loading player...
Die New Nation Pumas het gisteraand die Leeus met 39-10 gewen by Mbombela-stadion in hul eerste kragmeting van die 2021 Curriebeker.
Sibusiso Sangweni het die besoekers se enigste drie aangeteken.
Die pienktruie kon in die eerste helfte twee driee aanteken om teen rustyd 18-10 voor te loop.
Ettiene Taljaard, Simon Westraadt, Willie Engelbrecht, Dewald Maritz en Ginter Smuts het agter die doellyn gaan kuier.
Afrigter Jimmy Stonehouse sê loskop stut Corné Fourie se kruisligamente is af en hy sal uit wees vir die res van die seisoen.
19 Jun 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min