Klasse vir 'n week opgeskort by HTS Witbank

Loading player...
LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê daar is besluit om klasse by die Hoër Tegniese Skool Witbank vir ‘n week op te skort, nadat chaos vanoggend voor die skoolhekke uitgebreek het.
Majuba het met die skoolbestuur vergader oor video’s wat verlede week gesirkuleer het van kinders wat glo baklei.
Volgens Witbank News is daar vroeër traangas gespuit, mense is beseer tydens een van die stormlope en voertuie is met bakstene gegooi.
Majuba sê al die skuldiges sal geskors word, maar moet toegelaat word om eksamen te skryf.
14 Jun 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min