Minder misdaad in Witrivier in Mei-maand

Loading player...
Die Witirivier-gemeenskapspolisiëringsforum sê dinge gaan beter in dié dorp sedert hulle gereeld patrollies begin ry het.
Volgens die GPF is honderd-en-sewe prioriteitsmisdade in die dorp aangemeld in Mei.
Agt-en-dertig arrestasies is gemaak.
Dewald Oberholster van die GPF sê die arrestasies het ‘n afname getoon oor die vorige maand, maar so ook het misdaad.
Hy skryf dit toe aan die patrollies deur die GPF, polisie en sekuriteitsmaatskappye.
9 Jun 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min